Gestig 2007

Wie is ons

Kerk Wat Werk is ‘n familiekerk, wat daarop fokus om God in Gees en in waarheid te aanbid.

Familie

Ons hou ‘n aantal inspirerende geleenthede en maak dit ‘n kerk wat relevant is vir die hele gesin.

Ons glo dat die kerk daar is om ‘n positiewe bydrae te lewer in die laaste dae, deur om te motiveer en te bemoedig, maar ook ‘n bekeringboodskap moet bring aan ‘n verloregaande wêreld. Kerk Wat Werk is in 2007 gestig deur senior pastore André en Liza Kleynhans.

Van die begin af het hulle hoop gehad dat die kerk groot genoeg sou word om ‘n verskil te maak, en ons sien vandag die vervulling van die droom.

God het aan Pastore André en Liza ‘n eenvoudige, tog kragtige, visie en doel gegee vir Kerk Wat Werk.

Dit was dieselfde sedert die eerste dag en het gevolglik ‘n gesellige, welkome kerk laat groei.

‘n Kerk wat sout en lig is, wat die liefde en krag van Christus toon deur die gemeenskap te dien en te beïnvloed. ‘n Kerk wat gelowiges aanmoedig tot eenheid, volwassenheid en heelheid, om Koninkryksmense te wees, wat in genade groei, die vrug dra en die gawes van die Gees dra. ‘n Kerk wat tot God bid en aanbid, wat sy koninkryk op die aarde wil sien vestig!

Dagbestuur

5 lede

Presiderende Pastoorpaar

André en Liza Kleynhans

Mede-Pastoorspaar

Efhraim en Cathy Potgieter

Visie-Pastoorspaar

Jaco en René Vermaak

Aanbiddingsleiers / Klank & Data Bestuur

Kommunikasie, Bemarking en Multi-Media Bestuur

Morné en Leandri Vosloo

Bestuursraad

5 lede

Hein en Bonnie Hattingh

Jaco en Shalane Bouwer

Morné en Leandri Vosloo

Johan en Amori Joubert

Raynard en Lelani Meyer

Taakspanne

6 lede

Jeugleiers

Jaco en Shalane Bouwer

(Revolusie Jeug)

Kinderkerkleiers

Chris en Lindie Bouwer

(J.A.M – Jesus And Me)

Evangelisasieleiers

Johnny en Alicia Smith

Senior Groep Leiers

Sekretaresse

Welsyn

Ons Leef Jesus

Kom kuier saam

54, 5deStraat, Boksburg, 1459